News Archive
 

Veilingsverslag

Op Dinsdag 12 September 2017 het Chris Nel sy jaarlikse Sussex veiling aangebied op sy plaas George in die Petrus Steyn distrik.

Die duurste bul CN 15-15 is aan Liege Lamb van Himeville en James Stephen van Lanseria verkoop vir ‘n bedrag van R 80 000. Die gemiddeld van 30 bulle het R 53 611 beloop.

Die duurste geregistreerde koei met kalf is aan Don Mchardy van Everton verkoop vir ‘n bedrag van R 34 000 terwyl die gemiddeld van die koeie met kalwers R 20 875 bereik het. Die hoogste bod vir ‘n geregistreerde dragtige koei (CN 09-35) was R 20 000. Die koper was Junior Keyser van Kroonstad. Die gemiddeld op die dragtige koeie was R 19 000.

Die gemiddeld van die dragtige kommersiele verse was R 14 000 gewees. Die veiling is suksesvol aangebied deur BKB Louwid Bethlehem en mnr Jan Mostert was die afslaer.

_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _
 

Uitstaande nuwe stoetbulle by Eversar Senepol en Sussex:

By Eversar probeer ons om slegs die beste beskikbare genetika te gebruik. As gevolg hiervan kan ons kliënte weet dat hulle by Eversar die beste teelmateriaal binne die Sussex en/of die Senepol ras in Suid Afrika kan bekom. Daarom het ons vanjaar twee uitstaande nuwe stoetbulle aangeskaf.

Vir die Sussex stoet is ons nuutste toevoeging, Faurzyl Diamond 55ste TZ 14-17 wat die hoogste prys bul tydens die 2017 Faurzyl Sussex produksieveiling was. Hy kom uit die baie


TZ 14-17

GN 12-776

bekende Diamond bloedlyn aan vaderskant. Sy ma is 'n koei met baie melk en het 'n melk teelwaarde indeks van 133 en 'n TKP van 367dae oor 9 kalwers. Hy het baie goeie diepte en breedte, uitsonderlike goeie kloue en is struktureel baie korrek. Beslis een van die belowendste jong Sussex bulle van die afgelope dekade. Ons sien baie uit na sy nageslag.

Dan is ons baie bly om in venootskap met Ekland boerdery van Marquard die Senepol bul GN 12-776 te kon bekom, teen 'n nuwe SA rekord prys van R110 000 tydens die 2016 Nasionale Senepol veiling. Hierdie bul het ongelooflike bespiering en breedte, en is struktureel baie korrek. Hy is 'n sterk manlike bul met baie goeie loopvermoë. Een van die beste bulle, van enige ras, wat ons nog ooit gesien het. Hy gaan nog diep spore in die Senepol bedryf trap.

_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Eversar Anita, CN 08-72 verkoop vir 'n Nasionale Rekordprys van R 85 000 aan Junior Keyser tydens 2016 Sussex Nasionale Veiling

  

  

_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _
 

Click here for the Farmer's Weekly article

Farmer's Weekly (8 July 2016)
EBVs and a keen eye: a winning combination

Using estimated breeding values has dramatically improved the stud genetics of Free State breeders Chris Nel Snr and Chris Nel Jnr of Eversar Sussex stud. Yet they continue to take visual evaluation very seriously. They explained to Gerhard Uys how they combine these methods.

_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Eversar Sussex en Dormers het 'n baie suksesvolle produksieveiling gehou op 8 September 2015. 29 Sussex bulle is aangebied en verkoop teen 'n gemiddelde prys van ongeveer R 33 000. Twee bulle behaal elk die hoogste prys van R 52 500. Een word verkoop aan Platdrif Sussex (Nollie Stoffberg) van Worcester en die ander een aan Echodale Sussex (Willem Bosch) van Hofmeyer. Kopers van reg oor Suid Afrika het bulle gekoop insl. Worcester, Hofmeyer, Britstown, Kuruman, Bronkhorstspruit, Koppies, Harrismith, Kestell, Reitz, Heilbron, Vredefort, Edenville, Marquard en Lindley.

Dormer Ramme behaal R 11 000 gemiddeld, met 'n hoogste prys van R 41 000 verkoop aan Mnr Bremer Swanepoel van Senekal.

Twee hoogste prys bulle

 

_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

 
_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Kuddegesondheid is vir ons van kardinale belang en daarom word ons stoet elke drie jaar vir BM getoets. Die Eversar Sussex stoet toets weereens negatief vir BM op 18 November 2014. Verwyssingsnommer: A14/11-205
_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Eversar Sussex en Dormers het 'n baie geslaagde 23ste Produksieveiling op 9 September 2014 aangebied. 33 Sussex bulle is aangebied en verkoop teen 'n gemiddelde prys van R 29800.00 met 'n duurste prys van R 47500.00. Stoet koeie met kalwers word teen R 22000.00 gemiddeld verkoop. Dormer ramme behaal R 9785.00 gemiddeld met 'n hoogste prys van R 60000.00 vir die ram op die foto, verkoop aan mnr W Esterhuyse van Heuwelsig. 'n 100% verkoopsyfer word oor die veiling behaal.


_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

●  Eversar Dormers presteer tydens die 2014 Nasionale Dormer veiling:

Tydens die Nasionale Dormer veiling op Donderdag 4 September 2014 ontvang Eversar Dormers die toekenning vir die beste string veilingsramme. Ons behaal ook die hoogste prys asook die hoogste gemiddelde prys op die veiling. Die ram op die foto, CN 13-090, word vir die hoogste prys van R52500.00 aan Oppikloof Dormers en Kalkvley Dormers verkoop. Vyf van ons ses ramme aangebied word aan stoettelers verkoop, en ons vier top ramme behaal 'n gemiddelde prys van R30625.00.


_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

  Landbouweekblad Article (April 2014)

 

  Home Page
  About Us
  Sussex

  Senepol
  Gallery
  Contact Us

|
|
|
|
|

© 2014 - 2017   Eversar Sussex & Senepol
Website Terms & Conditions

|
|
|
|
|